13 want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.
14 o God, vermeteles het teen my opgestaan, en ’n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.
15 Maar U, Here, is ’n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.
16 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.
17 Doen aan my ’n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o Here, my gehelp en getroos het.