49 Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela.
50 Here, waar is u vorige goedertierenhede wat U aan Dawid met ’n eed beloof het in u trou?
51 Gedenk, Here, die smaad van u knegte, hoe ek in my boesem dra die smaad van al die baie volke,
52 waarmee u vyande, o Here, smaad, waarmee hulle die voetstappe van u gesalfde smaad.
53 Geloofd sy die Here vir ewig! Amen, ja amen.