7 Die vyande het omgekom — puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.
8 Maar die Here sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.
9 En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
10 So is die Here dan ’n rotsvesting vir die verdrukte, ’n rotsvesting in tye van benoudheid.
11 En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here!
12 Psalmsing tot eer van die Here wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.
13 Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.