1 ’n GEBED van Moses, die man van God.Here, U was vir ons ’n toevlug van geslag tot geslag.
2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.
3 U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!
4 Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos ’n nagwaak.
5 Weggespoel het U hulle; hulle word ’n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:
6 in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny ’n mens dit af, en dit verdor.
7 Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.