3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ’n skild en pantser.
5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
7 Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie.
8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
9 Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.