8 as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.
9 Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, Here!
10 Want kyk, u vyande, o Here, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.
11 Maar U verhoog my horing soos van ’n buffel; ek is met vars olie gesalf.
12 En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan.
13 Die regverdige sal groei soos ’n palmboom; hy sal opgroei soos ’n seder op die Líbanon.
14 Geplant in die huis van die Here, sal hulle groei in die voorhowe van onse God.