1 Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom.
2 Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.
3 As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself.
4 Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk.
5 Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.
6 Iemand wat onderrig ontvang in die woord van God, moet sy leermeester laat deel in al die goeie dinge wat hy het.
7 Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes.