15 Toe het Batseba by die koning in sy kamer ingegaan. Die koning was baie oud, en Abisag die Sunemmitiese meisie was besig om die koning te versorg.
16 Batseba het ingekom en voor die koning gebuig. Die koning sê toe: “Wat kan ek vir jou doen?”
17 Sy sê vir hom: “U Majesteit, u het mos tog voor die Here u God vir my met 'n eed beloof dat my seun Salomo na u koning sal word, en dat dit hy is wat op u troon sal sit.
18 Maar nou het Adonia koning geword sonder dat u iets daarvan weet.
19 Hy het 'n klomp beeste en kalwers en skape geslag en hy het al die prinse en die priester Abjatar en vir Joab, die hoof van die leër, daarheen genooi. Maar vir Salomo het hy nie genooi nie.
20 U Majesteit, die hele Israel kyk nou op na u om vir hulle aan te wys wie u troon ná u sal bestyg.
21 Moet ek en my seun Salomo dan, nadat u in u graf gelê is, as misdadigers behandel word?”