27 As hierdie optrede met u toestemming plaasvind, dan het u ons nie ingelig oor wie ná u op u troon moet sit nie.”
28 Toe sê koning Dawid: “Roep vir Batseba hier na my toe.”Sy het nader gekom en voor die koning gaan staan.
29 Toe lê die koning 'n eed af en sê: “So seker as die Here leef wat my uit alle benoudheid verlos het:
30 soos ek vir jou met 'n eed voor die Here die God van Israel bevestig het dat jou seun Salomo ná my koning sal word, en dat hy in my plek op die troon sal sit, so doen ek dit nou weer.”
31 Batseba het voor die koning gekniel en gebuig en sy het gesê: “Mag koning Dawid baie lank lewe.”
32 Toe gee koning Dawid opdrag: “Gaan roep vir my die priester Sadok en die profeet Natan en Benaja seun van Jojada.”Toe hulle by die koning kom,
33 sê hy vir hulle: “Vat my lyfwagte saam met julle en laat my seun Salomo op my eie muil ry. Vat vir Salomo na die Gihonfontein toe