41 Adonia en sy gaste was net klaar met eet toe hulle dit hoor. Toe Joab die ramshoring hoor, vra hy: “Wat is die stad so rumoerig?”
42 Hy het nog gepraat toe Jonatan seun van die priester Abjatar daar aankom. Adonia sê toe vir hom: “Kom nader. Jy is mos 'n wakker man. Jy bring seker goeie nuus.”
43 Jonatan het vir Adonia geantwoord: “Inteendeel! Koning Dawid het vir Salomo koning gemaak!
44 Die koning het die priester Sadok, die profeet Natan, Benaja seun van Jojada, en die koninklike lyfwag saam met hom gestuur. Hulle het hom op die koning se muil laat ry,
45 en die priester Sadok en die profeet Natan het hom by Gihonfontein tot koning gesalf. Daarvandaan het hulle met 'n gejuig teruggegaan. Dit is die rumoer wat julle in die stad gehoor het.
46 Salomo sit nou op die troon.
47 Die amptenare van die koning het ook gekom om koning Dawid geluk te wens. Hulle het gesê: ‘Mag u God vir Salomo nog beroemder maak as vir u en sy regering nog roemryker as dié van u.’ Die koning het op sy bed gekniel