48 en gesê: Aan die Here die God van Israel kom die lof toe, Hy wat gegee het dat daar vandag iemand op my troon sit en dat my eie oë dit kan sien.”
49 Toe het die gaste van Adonia almal verskrik opgespring en gemaak dat hulle wegkom.
50 Omdat Adonia bang was vir Salomo, het hy aan die horings van die altaar gaan vashou.
51 Iemand het vir Salomo kom vertel: “Adonia is bang vir u, koning Salomo. Hy klou aan die horings van die altaar vas en hy sê: Koning Salomo moet eers vir my met 'n eed bevestig dat hy my nie sal doodmaak nie.”
52 “As hy hom goed gedra,” sê Salomo toe, “sal daar nie aan 'n haar op sy kop geraak word nie. Maar as hy kwaad doen, moet hy dood.”
53 Koning Salomo het beveel dat hulle hom by die altaar moet gaan haal. Toe hy by koning Salomo kom, het Adonia voor hom gebuig. En Salomo sê vir hom: “Gaan bly by jou huis!”