39 en ter wille daarvan sal Ek die nageslag van Dawid verneder, maar nie vir altyd nie!”
40 Hierna wou Salomo vir Jerobeam om die lewe bring. Jerobeam het egter na Egipte toe gevlug waar hy onder beskerming van koning Sisak van Egipte gebly het tot Salomo se dood.
41 Die ander verhale oor Salomo en alles wat hy gedoen het, en oor sy wysheid is opgeteken in die annale van Salomo.
42 Salomo was veertig jaar koning in Jerusalem oor die hele Israel.
43 Hy is oorlede, en hy is begrawe by sy pa in die Dawidstad. Sy seun Rehabeam het hom as koning opgevolg.