10 Die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, het vir hom gesê: “U moet die volk soos volg antwoord. Hulle het vir u gesê: ‘U vader het ons 'n swaar juk laat dra, maak u vir ons die juk ligter.’ U moet vir hulle sê:“My pinkie is dikker as my pa se middellyf.
11 My pa het 'n swaar juk op julle laat druk,ek gaan die juk nog swaarder maak.My pa het julle met swepe geslaan,ek sal julle met gesels slaan.”
12 Toe Jerobeam en die hele volk die derde dag by koning Rehabeam kom volgens sy opdrag “Kom oor drie dae na my toe terug”
13 het hy die volk dié harde antwoord gegee. Koning Rehabeam het die raad van die ouer mense in die wind geslaan
14 en die volk geantwoord volgens die raad van die jonger manne:“My pa het 'n swaar juk op julle gelê,ek gaan die juk nog swaarder maak;my pa het julle met swepe geslaan,ek sal julle met gesels slaan.”
15 Die koning het nie aan die versoek van die volk voldoen nie. Dit was 'n beskikking van die Here sodat Hy sy belofte kon hou wat Hy deur Agija van Silo aan Jerobeam seun van Nebat gegee het.
16 Toe die Israeliete hoor dat die koning nie aan hulle versoek voldoen het nie, het hulle vir hom gesê:“Dawid is nie deel van ons nie;ons het niks aan Isai se seun nie!Elkeen terug na sy woonplek toe, Israel!Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!”Israel is toe terug na sy eie woongebied toe.