16 Toe die Israeliete hoor dat die koning nie aan hulle versoek voldoen het nie, het hulle vir hom gesê:“Dawid is nie deel van ons nie;ons het niks aan Isai se seun nie!Elkeen terug na sy woonplek toe, Israel!Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!”Israel is toe terug na sy eie woongebied toe.
17 Rehabeam het net koning geword oor die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.
18 Koning Rehabeam het vir Adoniram wat in bevel van die dwangarbeid was, na Israel toe gestuur, maar die Israeliete het hom met klippe doodgegooi, en koning Rehabeam self het dit net-net reggekry om op sy strydwa te kom en na Jerusalem toe te vlug.
19 So het Israel in opstand gekom teen die koningshuis van Dawid, en dit is vandag nog so.
20 Toe die Israeliete verneem dat Jerobeam teruggekom het uit Egipte, het hulle hom na 'n volksvergadering toe laat kom en hom koning gemaak oor die hele Israel. Niemand behalwe die Judastam het die koningshuis van Dawid aangehang nie.
21 Dadelik nadat Rehabeam in Jerusalem terug was, het hy honderd en tagtig duisend uitgesoekte manne uit die stamme Juda en Benjamin opgeroep om teen Israel te veg en die koningskap vir hom terug te wen.
22 Maar die woord van God het tot Semaja, die man van God, gekom en gesê: