29 Jerobeam het die een beeld in Bet-El opgestel en die ander in Dan.
30 Dit het die volk tot sonde verlei: hulle het selfs die een beeld na Dan toe begelei.
31 Jerobeam het heiligdomme op die hoogtes gebou en hy het mense uit die volk wat nie Leviete was nie, as priesters aangestel.
32 Verder het hy op die vyftiende dag van die agste maand 'n fees gehou net soos die fees in Juda. Hy het in Bet-El vir die kalwerbeelde wat hy gemaak het, offers gebring op die altaar, en hy het daar priesters aangestel vir die hoogtes wat hy ingerig het.
33 Op die vyftiende van die agste maand het Jerobeam 'n offer gebring op die altaar wat hy in Bet-El opgerig het. Hy het sommer self besluit oor die maand waarin die Israeliete die fees moes vier. Net toe hy daar op die altaar die offer aan die brand steek,