27 Die profeet sê toe vir sy seuns: “Saal vir my 'n donkie op.”Nadat hulle dit gedoen het,
28 gaan hy en kry die liggaam daar in die pad, terwyl die donkie en die leeu daarby staan. Die leeu het nie die liggaam gevreet nie en hy het nie die donkie verskeur nie.
29 Die profeet het die liggaam van die man van God op die donkie getel en dit na Bet-El die stad van die óú profeet toe gebring om daar oor hom te treur en hom te begrawe.
30 Hy het die liggaam in sy eie graf begrawe, en hulle het oor hom getreur en gesê: “Ag, my broer.”
31 Na die begrafnis het hy vir sy seuns gesê: “As ek te sterwe kom, moet julle my begrawe in dieselfde graf as dié waarin die man van God begrawe is. Sit my bene langs syne neer.
32 “Wat hy op bevel van die Here oor die altaar in Bet-El en oor al die heiligdomme op die hoogtes by die stede van Samaria gesê het, sal beslis net so gebeur.”
33 Jerobeam het hom hierna tog nie bekeer van sy verkeerde pad nie. Hy het aangehou om sommer uit die volk priesters vir die hoogtes aan te stel. Almal wat wou, het hy aangestel as priesters vir die hoogtes.