1 In dié tyd het Abia, 'n seun van Jerobeam, siek geword.
2 Jerobeam sê toe vir sy vrou: “Gaan vermom jou sodat die mense jou nie herken as Jerobeam se vrou nie. Gaan dan na Silo toe waar die profeet Agija is. Dit is hy wat gesê het dat ek koning sal word oor hierdie volk.
3 Vat tien brode en koeke en 'n kruik heuning saam en gaan na hom toe. Hy sal vir jou sê wat met die kind gaan gebeur.”
4 Jerobeam se vrou het so gemaak. Sy het na Silo toe gegaan en by Agija se huis aangekom. Agija kon nie meer sien nie, hy was al blind van ouderdom.
5 Maar die Here het vir hom gesê: “Jerobeam se vrou kom jou raadpleeg oor haar seun wat siek is. Sê vir haar wat Ek vir jou sê.”Toe sy inkom, wou sy nog maak asof sy iemand anders is,
6 maar net toe Agija haar voetstappe hoor terwyl sy by die deur inkom, sê hy: “Kom binne, jy is die vrou van Jerobeam! Waarom maak jy asof jy iemand anders is? Ek het slegte nuus vir jou.