2 Die woord van die Here het tot Elia gekom en gesê:
3 “Gaan hiervandaan af ooswaarts en gaan versteek jou in Kritspruit, anderkant die Jordaan.
4 Jy kan water uit die spruit drink, en Ek het die kraaie beveel om daar vir jou te sorg.”
5 Hy het gedoen soos die Here aan hom opgedra het. Hy het daar in Kritspruit gaan bly, anderkant die Jordaan.
6 Die kraaie het vir hom soggens brood en vleis gebring en hulle het vir hom saans brood en vleis gebring, en hy het water uit die spruit gedrink.
7 Uiteindelik het die spruit opgedroog omdat die land nie reën gekry het nie.
8 Toe het die woord van die Here weer tot Elia gekom en gesê: