46 Die ander verhale oor Josafat se regering, oor die heldedade wat hy gedoen en die oorloë wat hy gevoer het, is opgeteken in die annale van die konings van Juda.
47 Josafat het die tempelprostitute wat nog uit die dae van sy pa oorgebly het, uit die land verban.
48 Daar was nie toe 'n koning in Edom nie; 'n goewerneur het as koning waargeneem.
49 Josafat het skepe van Tarsis gekry waarmee hy goud wou gaan haal in Ofir. Dit het egter nie plaasgevind nie omdat die skepe skipbreuk gely het in Esjon-Geber.
50 Ahasia seun van Agab het toe by Josafat aangedring: “Laat my manne saam met joune met die skepe vaar,” maar Josafat wou nie.
51 Josafat is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Joram het hom as koning opgevolg.
52 Ahasia seun van Agab het in Samaria koning van Israel geword in die sewentiende regeringsjaar van koning Josafat van Juda. Hy het twee jaar oor Israel geregeer.