47 Josafat het die tempelprostitute wat nog uit die dae van sy pa oorgebly het, uit die land verban.
48 Daar was nie toe 'n koning in Edom nie; 'n goewerneur het as koning waargeneem.
49 Josafat het skepe van Tarsis gekry waarmee hy goud wou gaan haal in Ofir. Dit het egter nie plaasgevind nie omdat die skepe skipbreuk gely het in Esjon-Geber.
50 Ahasia seun van Agab het toe by Josafat aangedring: “Laat my manne saam met joune met die skepe vaar,” maar Josafat wou nie.
51 Josafat is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Joram het hom as koning opgevolg.
52 Ahasia seun van Agab het in Samaria koning van Israel geword in die sewentiende regeringsjaar van koning Josafat van Juda. Hy het twee jaar oor Israel geregeer.
53 Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het die pad geloop van sy pa en sy ma, en van Jerobeam seun van Nebat wat vir Israel laat sondig het.