51 Josafat is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Joram het hom as koning opgevolg.
52 Ahasia seun van Agab het in Samaria koning van Israel geword in die sewentiende regeringsjaar van koning Josafat van Juda. Hy het twee jaar oor Israel geregeer.
53 Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het die pad geloop van sy pa en sy ma, en van Jerobeam seun van Nebat wat vir Israel laat sondig het.
54 Hy het Baäl gedien en aanbid. Hy het ook die Here die God van Israel uitgetart, net soos sy pa gedoen het.