14 Hy het om die beurt elke maand tien duisend na die Libanon toe gestuur, sodat hulle elkeen een maand op die Libanon was en twee maande tuis. Adoniram het beheer gehad oor die dwangarbeid.
15 Salomo het sewentig duisend draers en tagtig duisend klipkappers in die berge aan die werk gehad,
16 behalwe nog die drie duisend drie honderd opsigters oor die werk, wat moes toesien dat die arbeiders die werk doen.
17 Die koning het beveel dat hulle groot klip van goeie gehalte moes uitkap, sodat die fondamente van die tempel met gekapte klip gelê kon word.
18 Die bouers van Salomo en van Hiram en die mense van Gebal het dit verder reggekap en dan die hout en die klippe reg gesit vir die bou van die tempel.