9 My werkers sal dit van die Libanon af see toe bring. Daar sal ek dit in vlotte bind en na die afgesproke plek toe laat bring en weer losmaak. U kan dit daarvandaan verder vervoer. U moet dan aan my kos voorsien vir my huishouding soos ek dit nodig kry.”
10 So het Hiram aan Salomo seder- en sipreshout gelewer, soveel as wat hy nodig gehad het,
11 en Salomo het jaar vir jaar aan Hiram drie duisend drie honderd ton koring gelewer vir die onderhoud van sy huishouding, en ook vier duisend vier honderd liter van die suiwerste olyfolie.
12 Die Here het aan Salomo wysheid gegee soos Hy belowe het. Daar was 'n goeie verhouding tussen Hiram en Salomo, en hulle het 'n verdrag gesluit.
13 Koning Salomo het vir die hele Israel dwangarbeid ingestel en so 'n arbeidsmag van dertig duisend man bymekaargebring.
14 Hy het om die beurt elke maand tien duisend na die Libanon toe gestuur, sodat hulle elkeen een maand op die Libanon was en twee maande tuis. Adoniram het beheer gehad oor die dwangarbeid.
15 Salomo het sewentig duisend draers en tagtig duisend klipkappers in die berge aan die werk gehad,