21 Hulle het Dawid gehelp en het aanvoerders van sy bende geword, want hulle was almal strydbare manne.
22 Daar het van dag tot dag mense by Dawid aangekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër geword het, 'n magtige leër.
23 Hier volg die getalle van die hoofmanne van die gewapende mag wat in Hebron na Dawid toe gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te dra volgens die wil van die Here:
24 Judeërs, gewapen met grootskild en spies: 6 800, ten volle gewapen;
25 van die Simeoniete, strydbare manne gereed vir aktiewe diens: 7 100;
26 van die Leviete: 4 600;
27 ook nog Jojada, die Aäronitiese vors met 3 700 man by hom,