25 van die Simeoniete, strydbare manne gereed vir aktiewe diens: 7 100;
26 van die Leviete: 4 600;
27 ook nog Jojada, die Aäronitiese vors met 3 700 man by hom,
28 en die jong Sadok, 'n strydbare man, met sy familie onder 22 aanvoerders;
29 van die Benjaminiete, Saul se stamgenote: 3 000. Tot in dié stadium het die meeste van hulle trou gebly aan die huis van Saul.
30 Van die Efraimiete was daar 20 800, almal strydbare manne, gesiene mense in hulle families;
31 van die halwe Manassestam: 18 000 wat afgevaardig was om Dawid te kom koning maak;