5 Asaf was die leier, Sagaria was tweede in bevel. Verder was daar Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel, almal met harpe en liere. Asaf het die simbale geslaan.
6 Die priesters Benaja en Jagasiël het aanhoudend op die trompette geblaas voor die verbondsark van God uit.
7 Dit was op daardie selfde dag dat Dawid die eerste keer die “Loof die Here” deur Asaf en sy ampsgenote laat sing het:
8 Loof die Here. Roep Hom aan!Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het.
9 Sing liedere, sing tot sy eer,vertel van al sy magtige dade.
10 Roem sy heilige Naam,laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees.
11 Soek hulp en beskerming by die Here,soek gedurig sy teenwoordigheid.