3 Toe Dawid sy mag aan die Eufraat gaan herstel het, het hy vir koning Hadad-Eser van Soba in die rigting van Hamat verslaan.
4 Van hom het Dawid 'n duisend strydwaens, sewe duisend oorlogsperde en twintig duisend voetsoldate afgevat. Hy het perde vir honderd strydwaens uitgehou en al die ander se hakskeensenings afgesny.
5 Die Arameërs van Damaskus het vir koning Hadad-Eser van Soba te hulp gekom, maar Dawid het twee en twintig duisend man van Aram verslaan.
6 Hy het militêre poste in die gebied Aram-Damaskus ingerig, en die Arameërs het aan hom onderhorig geword en moes aan hom belasting betaal. Die Here het Dawid die oorwinning laat behaal net waar hy gegaan het.
7 Dawid het die goue skilde van Hadad-Eser se offisiere afgevat en dit na Jerusalem toe gebring.
8 In Tibgat en Kun, twee stede van Hadad-Eser, het hy op 'n groot hoeveelheid brons beslag gelê. Daarvan het Salomo die bronswaterbak, pilare en bronsware gemaak.
9 Toe koning Toï van Hamat verneem dat Dawid die hele leër van koning Hadad-Eser van Soba verslaan het,