3 Die seuns van Juda was Er, Onan en Sela, die drie wat vir hom gebore is uit sy Kanaänitiese vrou Bat-Sua. Er, Juda se oudste seun, het die Here mishaag en Hy het hom laat sterwe.
4 Juda se skoondogter Tamar het vir hom Peres en Serag in die wêreld gebring. Hy het dus altesaam vyf seuns gehad.
5 Die seuns van Peres was Gesron en Gamul,
6 en die seuns van Serag was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda, vyf altesaam.
7 Die seun van Karmi was Akan wat hom aangematig het om te vat wat aan die Here gewy was en so die dood oor Israel gebring het.
8 Die seun van Etan was Asarja.
9 Die seuns wat vir Gesron gebore is, was Jeragmeël, Ram en Kaleb.