47 Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.
48 Nog 'n byvrou van Kaleb, Maäka, het vir Seber en Tirgana in die wêreld gebring.
49 Sy het ook vir Saäf, vader van Madmanna, en vir Sewa, vader van Makbena en Giba, in die wêreld gebring. Aksa was 'n dogter van Kaleb.
50 Dit dan was Kaleb se nakomelinge.Die seuns van Gur, die oudste seun van Efrata, was Sobal vader van Kirjat-Jearim,
51 Salma vader van Betlehem, en Garef vader van Bet-Gader.
52 Uit Sobal vader van Kirjat-Jearim het gekom: Reaja, die helfte van Managat se mense,
53 en die volgende geslagte van Kirjat-Jearim: die Jitreërs, Puteërs, Sumaners en Misraners. Uit hulle het die Soraners en Estaolers voortgekom.