51 Salma vader van Betlehem, en Garef vader van Bet-Gader.
52 Uit Sobal vader van Kirjat-Jearim het gekom: Reaja, die helfte van Managat se mense,
53 en die volgende geslagte van Kirjat-Jearim: die Jitreërs, Puteërs, Sumaners en Misraners. Uit hulle het die Soraners en Estaolers voortgekom.
54-55 Betlehem, die Netofaners, Atrot-Bet-Joab, die ander helfte van Managat se mense, die Soreërs, en die skrywersgeslagte wat in Jabes woon, naamlik die Tirateërs, Simateërs en Sukateërs, was nakomelinge van Salma. Hulle is die Keniete wat van Gammat vader van Bet-Rekab afstam.