2 Die seuns van Asaf, naamlik Sakkur, Josef, Netanja en Asarela, was onder leiding van Asaf wat as profeet in diens van die koning opgetree het.
3 Die seuns van Jedutun, naamlik Gedalja, Seri, Jesaja, Simi, Gasabja en Mattitja, was al ses onder leiding van Jedutun, hulle pa, wat met begeleiding van die lier as profeet opgetree het in die dank en die lof aan die Here.
4 Die seuns van Heman was Bukkija, Mattanja, Ussiël, Subael, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.
5 Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in godsdienstige sake, en hulle het hom groot aansien verleen. God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
6 Hulle het almal onder leiding van hulle pa die sang in die huis van die Here begelei op simbale, harpe en liere in die tempeldiens.Asaf, Jedutun en Heman was in diens van die koning.
7 Saam met hulle ampsgenote wat in sang ter ere van die Here onderrig was, was die getal opgeleides twee honderd ag en tagtig.
8 Hulle is vir diens geloot volgens die reël dat oud en jonk gelyk is, of hy nou al opgelei of leerling was.