20 Sommige van hulle Levitiese ampsgenote het toesig gehou oor die tempelskatte en oor die wydingsgeskenke.
21-22 Uit die Jegiëlgroep was daar Setam en sy broer Joël. Hulle was uit die nageslag van Ladan, dit is afstammelinge van die Gersonitiese lyn deur Ladan, en familiehoofde van Ladan die Gersoniet. Hulle was in beheer van die skatte van die huis van die Here.
23 Uit die groepe van Amram, Jishar, Hebron en Ussiël
24 was Subael, seun van Moses se seun Gersom, die hoofamptenaar belas met toesig oor die skatte.
25 Sy ampsgenote het hulle afstamming teruggevoer op Eliëser deur Regabja, Jesaja, Joram, Sikri en Selomit.
26 Hierdie Selomit en sy ampsgenote het toesig gehad oor al die wydingsgeskenke wat koning Dawid, die familiehoofde, die aanvoerders van duisend en honderd, en die leërhoofde aan die Here gewy het.
27 Hulle het van die buit uit die oorloë gewy om die huis van die Here te onderhou.