1 Die volgende was Dawid se seuns wat in Hebron vir hom gebore is: die oudste was Amnon uit die Jisreëlitiese vrou Aginoam; die tweede Daniël uit die Karmelitiese vrou Abigajil;
2 die derde, Absalom, was 'n seun van Maäka dogter van koning Talmai van Gesur; die vierde, Adonia, was 'n seun van Gaggit;
3 die vyfde, Sefatja, se ma was Abital; en die sesde, Jitream, was die seun van Dawid se vrou Egla.
4 Dié ses is vir hom in Hebron gebore, waar hy sewe jaar en ses maande lank koning was. In Jerusalem was hy drie en dertig jaar lank koning.