28 Die seuns van Samuel was Joël die oudste, en Abia die tweede.
29 Die Merarigroep is Magli, Libni, Simi, Ussa,
30 Sima, Gaggija en Asaja.
31 Dawid het die volgende manne aangestel om die sang waar te neem in die huis van die Here sodra die ark sy rusplek daar sou vind.
32 Hulle het ook gesorg vir die sang voor die heiligdom, die tent van ontmoeting, totdat Salomo die huis van die Here in Jerusalem gebou het. Hulle het hulle dienste verrig volgens 'n vaste reëling.
33 Die volgende manne het die diens verrig saam met hulle seuns: van die Kehatgroep was daar Heman die tempelsanger, seun van Joël seun van Samuel,
34 wie se geslag teruggaan oor Elkana, Jerogam, Eliël, Togu,