57 Aan die Aärongeslag het hulle behalwe die asielstad Hebron ook nog gegee: Libna met sy weivelde, Jattir, Estemoa met sy weivelde,
58 Golon met sy weivelde, Debir met sy weivelde,
59 Asan met sy weivelde en Bet-Semes met sy weivelde,
60 en in die Benjamingebied ook nog Geba, Alemet en Anatot, elkeen met sy weivelde. Hulle het altesaam dertien stede vir hulle geslagte gehad.
61 Aan die oorblywende Kehatgeslagte het hulle met die lot tien stede in die gebied van die halwe Manassestam toegewys.
62 Aan die Gersongeslagte het hulle in die stamgebiede van Issaskar, Aser en Naftali en in die stamgebied van Manasse in Basan dertien stede toegewys.
63 Aan die Merarigeslagte het hulle met die lot twaalf stede toegewys in die stamgebiede van Ruben, Gad en Sebulon.