1 Die hele Israel is in registers opgeneem. Hulle name staan opgeteken in die annale van die konings van Israel.Die Judeërs is na Babel toe weggevoer oor hulle troubreuk.
2 Die eerste inwoners wat hulle daarna op hulle eie grond in hulle stede gevestig het, was naas die gewone Israeliete die priesters, die Leviete en die tempelslawe.
3 In Jerusalem het daar van die Judeërs, Benjaminiete, Efraimiete en Manassers gewoon:
4 Utai seun van Ammihud, seun van Omri, seun van Imri, seun van Bani, uit die seuns van Peres seun van Juda;
5 van die mense van Silo: Asaja, die oudste seun, en sy seuns;
6 van die afstammelinge van Serag: Jeüel en sy stamgenote, altesaam ses honderd en negentig;