7 Bet-Sur, Soko, Adullam,
8 Gat, Maresa, Sif,
9 Adorajim, Lakis, Aseka,
10 Sora, Ajalon en Hebron.
11 Hy het die vestings versterk, bevelhebbers oor hulle aangestel en daar voorrade kos, olie en wyn gehou.
12 In elke stad was daar ook skilde en spiese. So het hy die vestings baie goed versterk en beheer gehad oor Juda en Benjamin.
13 Die priesters en die Leviete wat oral in Israel gewoon het, het uit al hulle gebiede gekom en in Rehabeam se gebied kom woon.