1 Koning Josafat van Juda het behoue tuis gekom in Jerusalem.
2 Daar het die siener Jehu seun van Ganani hom voorgestaan en vir koning Josafat gesê: “Wou u 'n goddelose help en aan 'n hater van die Here liefde betoon? Met hierdie optrede van u het u die toorn van die Here op u laat kom.
3 “Tog, daar is ook goeie dinge by u te vinde: u het die gewyde pale in die land verbrand en u daarop ingestel om na die wil van God te vra.”
4 Nadat Josafat 'n tyd in Jerusalem gebly het, het hy weer 'n keer sy mense besoek, van Berseba af tot in die Efraimsberge, en die volk laat terugkom na die Here, die God van hulle voorvaders.
5 Van stad tot stad, in al die vestingstede van Juda, het hy regters in die land aangestel
6 en hulle opdrag gegee: “Let goed op wat julle doen, want julle oefen die regspraak uit nie vir mense nie, maar vir die Here. Die verantwoordelikheid vir die reg rus op julle.
7 Mag die vrees vir die Here julle bybly! Wees versigtig en doen julle plig. By die Here ons God is daar nie onreg en bevoordeling en korrupsie nie.”