1 In die sewende jaar het Jojada besluit om op te tree. Hy het 'n paar bevelhebbers oor honderd in sy vertroue geneem: Asarja seun van Jerogam, Ismael seun van Joganan, Asarja seun van Obed, Maäseja seun van Adaja, en Elisafat seun van Sikri.
2 Hulle het in Juda rondgegaan en die Leviete uit al die stede van Juda bymekaargemaak, en ook die familiehoofde van Israel. Almal is na Jerusalem toe,
3 en daar het die hele gemeente in die tempel 'n verbond met koning Joas gesluit. Jojada het vir hulle gesê: “Die seun van koning Ahasia moet koning word volgens die belofte van die Here oor die nageslag van Dawid.
4 Dit is julle opdragte: 'n derde van julle, van dié wat op die sabbat diens doen as priesters en Leviete, moet drumpelwagte wees;