23 Met die wisseling van die jaar het die leër van die Arameërs 'n aanval op Joas gemaak. Hulle het Juda en Jerusalem binnegedring, al die leiers van die volk doodgemaak en die buit wat hulle gemaak het, vir die koning van Damaskus gestuur.
24 Die Aramese leër het met 'n klein klompie manskappe gekom, en die Here het 'n baie groot leër in hulle mag oorgegee. Dit was omdat die volk die Here die God van hulle voorvaders verlaat het. Die Arameërs het die straf van God oor Joas voltrek.
25 Toe hulle weggaan, het hulle hom swaar gewond agtergelaat, en sy eie amptenare het teen hom saamgesweer en hom in sy bed vermoor. Dit was omdat hy die seun van die priester Jojada laat doodmaak het.So is Joas dood. Hy is in die Dawidstad begrawe, maar nie in 'n koningsgraf nie.
26 Die manne wat teen hom saamgesweer het, was die Ammoniet Sabad seun van Simat en die Moabiet Josabad seun van Somer.
27 Die gegewens oor sy seuns, oor die grootte van die afkoopsom wat hy moes betaal, en oor die herbou van die tempel, is opgeneem in Die Kommentaar op die Boek van die Konings. Sy seun Amasia het hom as koning opgevolg.