24 Agas het die goed wat in die tempel gebruik is, weggevat en stukkend geslaan, die deure van die huis van die Here gesluit en op elke hoek in Jerusalem altare gebou.
25 In elke stad van Juda het hy hoogtes ingerig om vreemde gode met offerandes te vereer. So het hy die Here, die God van sy voorvaders, uitgetart.
26 Die ander verhale oor Agas en sy hele lewensloop, dié van vroeër en dié van later, is opgeteken in die annale van die konings van Juda en Israel.
27 Agas is oorlede, en hy is begrawe in die stad, in Jerusalem. Hulle het hom nie in die begraafplaas van die konings van Israel begrawe nie. Sy seun Hiskia het hom as koning opgevolg.