12 Ook in Juda was die hand van God werksaam. Hy het hulle die koning en die amptenare se bevel wat op sy opdrag berus het, eendragtig laat gehoorsaam.
13 Baie mense het in Jerusalem byeengekom, 'n baie groot gemeente, om die fees van die ongesuurde brood in die tweede maand te vier.
14 Die mense het die altare wat oral in Jerusalem was, afgebreek, ook al die wierookaltare, en dit in die Kedrondal gegooi.
15 Hulle het die paaslam geslag op die veertiende van die tweede maand. Die priesters en die Leviete het skaam gekry en hulle gewy en die brandoffers geoffer in die huis van die Here.
16 Hulle het hulle plekke ingeneem volgens die orde wat vir hulle neergelê is in ooreenstemming met die wet van Moses, die man van God. Die priesters het die bloed gesprinkel wat die Leviete vir hulle aangegee het.
17 In die gemeente was daar baie mense wat hulle nie gewy het nie, en die Leviete moes toe die paaslammers slag vir almal wat nie rein was nie, sodat ook húlle paaslammers aan die Here gewy kon wees.
18 Die meeste van die baie mense uit Efraim, Manasse, Issaskar en Sebulon het hulle nie gereinig nie en het die paaslam geëet in stryd met wat voorgeskryf is. Maar Hiskia het vir hulle gebid: “Mag die Here in sy goedheid versoening doen vir