20 Alles wat Josia aan die tempel laat doen het, was afgehandel. Toe het koning Neko van Egipte opgetrek om in Karkemis, aan die Eufraat, te gaan oorlog maak. Josia het teen hom opgetrek,
21 en Neko het met boodskappers vir hom laat weet: “Ons het niks teen mekaar nie, koning van Juda! My veldtog is dié keer nie teen jou nie, maar teen 'n vyand. God het gesê ek moet gou maak. Moenie in God se pad kom nie. Hy is by my en Hy sal jou vernietig.”
22 Josia het Neko egter nie met rus gelaat nie. Hy het hom vermom met die oog op die geveg en nie geluister na wat Neko op bevel van God self gesê het nie. Hy het vir Neko in die Megiddovlakte gaan aanval.
23 Die boogskutters het koning Josia raakgeskiet, en hy het vir sy lyfwagte gesê: “Bring my uit, ek is swaar gewond.”
24 Hulle het hom van die strydwa afgehaal, hom op 'n ander wa gesit en hom na Jerusalem toe gebring.Hy is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf. Die hele Juda en Jerusalem het oor Josia getreur.
25 Jeremia het 'n treurlied oor Josia gedig, en al die sangers en sangeresse het oor Josia gesing in hulle treurliedere. Dit word nou nog gedoen, dit het 'n gebruik in Israel geword. Die liedere is opgeteken in Die Treurliedere.
26 Die ander verhale oor Josia, sy dade van trou in ooreenstemming met wat in die wet van die Here geskryf staan,