2 het hy die stede wat Hiram aan hom oorgedra het, weer opgebou en Israeliete daar gevestig.
3 Hy het na Hamat-Soba toe gegaan en dié ingeneem.
4 Hy het Tadmor in die woestyn versterk, en ook al die voorraadstede wat hy in Hamat gebou het.
5 Hy het Bet-Goron-Bo en Bet-Goron-Onder herbou, vestingstede met mure, poortdeure en sluitbalke;
6 net so ook Baälat en al die voorraadstede wat hy besit het, die stede vir die strydwamagte en die berede magte. Verder het hy al die bouwerk waarop hy besluit het, voltooi in Jerusalem, op die Libanon en dwarsdeur die land waaroor hy geregeer het.
7 Salomo het al die nie-Israeliete, die mense wat nog oor was van die Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete,
8 afstammelinge van dié wat nie deur die Israeliete uitgeroei is nie en nog oor was in die land, dwangarbeid laat doen. Dit is vandag nog so.