25 Net soos die ander, het dié poortgebou se toegangsportaal ook vensteropenings rondom gehad, en was hy vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd.
26 Daar was sewe trappe op na die poort toe en agteraan was 'n toegangsportaal. Op elkeen van die tussenmure weerskante was daar 'n palmversiering.
27 Hier aan die suidekant was daar ook 'n poortgebou teen die binneste voorhof. Die man het die afstand tussen die binneste en die buitenste poortgeboue aan die suidekant gemeet. Dit was vyftig meter.
28 Daarna het die man my deur die suidpoort na die binneste voorhof toe gebring, en die suidpoort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander.
29 Die sykamers, die tussenmure en die toegangsportaal in dié gebou het dieselfde afmetings gehad as dié in die ander. Die gebou self en die toegangsportaal het rondom vensteropenings gehad en was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd.
30 Elke poortgebou het 'n toegangsportaal gehad van twaalf en 'n half meter lank en twee en 'n half meter wyd.
31 Die poortgebou het 'n toegangsportaal na die buitenste voorhof toe gehad, palmversierings aan sy tussenmure, en ag trappe op na die poort toe.