11 Toe het God gesê: “Laat daar uit die aarde groenigheid voortkom, groen plante wat saad gee en vrugtebome op die aarde, wat elkeen na sy aard vrugte dra en waarvan die saad in sy vrug sit.”So het dit gebeur.
12 Die aarde het groen plante laat uitspruit wat elkeen na sy aard saad gee, en bome wat vrugte dra met die saad daarin, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed.
13 Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die derde dag.
14 Toe het God gesê: “Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om dag en nag van mekaar te skei. Hulle moet ook as tekens dien om seisoene, dae en jare aan te dui.
15 Hulle moet ligte wees aan die hemelgewelf om op die aarde lig te gee.”So het dit gebeur.
16 God het die twee groot ligte gemaak, die grootste om bedags te heers en die kleiner lig om snags te heers, en ook die sterre.
17 God het hulle in die hemelgewelf geplaas om op die aarde lig te gee,