16 God het die twee groot ligte gemaak, die grootste om bedags te heers en die kleiner lig om snags te heers, en ook die sterre.
17 God het hulle in die hemelgewelf geplaas om op die aarde lig te gee,
18 om oor dag en nag te heers en om lig en donker van mekaar te skei. En God het gesien dit is goed.
19 Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die vierde dag.
20 Toe het God gesê: “Laat die waters krioel van lewende wesens, en laat daar voëls onder die hemelgewelf oor die aarde vlieg.”
21 God het die groot seediere geskep en al die ander lewende wesens waarvan die waters krioel, almal na hulle aard; ook al die voëls na hulle aard. En God het gesien dit is goed.
22 Toe het God hulle geseën: “Wees vrugbaar, word baie en bewoon al die waters van die see. En laat die voëls baie word op land.”