2 Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.
3 Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!”En daar was lig.
4 God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei.
5 God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.
6 Toe het God gesê: “Laat daar 'n gewelf wees tussen die waters om die waters van mekaar te skei.”
7 So het dit gebeur.God het die gewelf gemaak en die waters onder die gewelf geskei van die waters bo die gewelf.
8 God het die gewelf “hemel” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die tweede dag.