20 Hulle is almal die nageslag van Gam, met hulle eie stamme en tale in hulle eie lande en onder hulle eie nasies.
21 Vir Sem is daar ook kinders gebore. Hy was die voorvader van al die Hebreërs. Sy oudste broer was Jafet.
22 Die nageslag van Sem:Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram.
23 Die nageslag van Aram was Us, Gul, Geter en Mas.
24 Uit Arpaksad het Selag gekom, en uit Selag Heber.
25 Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg, want in sy tyd is die land verdeel, en die naam van sy broer was Joktan.
26 Uit Joktan het gekom Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,