4 Uit Griekeland het Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners voortgekom.
5 Uit hulle het die mense wat nou die kusstreke bewoon, daarnatoe versprei, volgens hulle stamme en nasies, elkeen met sy eie taal.
6 Die nageslag van Gam:Kus, Egipte, Put en Kanaän.
7 Die nageslag van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama was Skeba en Dedan.
8 Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op die aarde.
9 Hy was 'n dapper jagter, ook in die oë van die Here. Daarom word daar gesê: “'n Dapper jagter in die oë van die Here, soos Nimrod.”
10 Nimrod se koninkryk het begin by Babel, Erek, Akkad en Kalne, almal in Sinar.